Media Coverage

Laat RealPay jou betalings en die bestuur daarvan vereenvoudig

RealPay bied meer betalingsopsies, minder kompleksiteit en 'n betalingsvennoot wat agter die skerms werk sodat jy kan fokus op wat saak maak: groei.

23 September 2026

RealPay bied meer betalingsopsies, minder kompleksiteit en 'n betalingsvennoot wat agter die skerms werk sodat jy kan fokus op wat saak maak: groei.

Om 'n besigheid te bestuur, is reeds ingewikkeld. Om betalings te ontvang behoort nie te wees nie, maar wanneer elke kliënt egter sy eie behoeftes het, kan betalings vinnig gekompliseerd raak.

Jou kliënte betaal nie almal op dieselfde manier nie. Sommige betalings is herhalend, terwyl ander eenmalig plaasvind. Sommige kliënte verkies om onmiddellik te betaal, terwyl ander weer vooraf geskeduleerde betalings verkies.

Die uitdagings ontstaan wanneer al hierdie betalingsopsies tot meer stelsels, meer administrasie, en meer aspekte lei wat jou span moet bestuur.

Maar wat as jy dit kan vereenvoudig?

Meer betalingsopsies, minder kompleksiteit

Daar is geen enkele betalingsopsie wat vir elke besigheid of elke kliënt werk nie.

Daarom bied RealPay aan besighede toegang tot 'n omvattende reeks betalings- en invorderingsoplossings: van herhalende invorderings soos DebiCheck en elektroniese fondsoorplasing-debietorders (EFT Debits), tot onmiddellike betalingsopsies, kaart- en e-handelsoplossings, rekeningverifikasie, en uitbetalings.

Die waarde lê egter nie bloot in die beskikbaarheid van meer betalingsopsies nie. Dit behels die keuse van die regte kombinasie van produkte vir jou besigheid – en om jou betalings só te bestuur dat jy nie vir jouself meer werk maak nie.

Beter betalingstegnologie behoort dit makliker te maak om jou besigheid te bestuur, nie moeiliker nie.

Al jou betalingshulpmiddels op een plek

RealPay se nuwe Agent Payment Portal maak dit nóg makliker.

Dink daaraan as jou eie, doeltreffende betalingsentrum: 'n middelpunt waar jy kliënte se besonderhede kan laai en kontroleer, toegang tot verskillende RealPay-betalingsprodukte kan verkry, transaksies kan monitor, en jou betalingsaktiwiteite vanaf een gebruikersvriendelike paneel kan bestuur.

Daar is geen ingewikkelde betalingsinfrastruktuur nie. Jy hoef ook nie rond te beweeg tussen verskillende stelsels net om tred te hou van wie wat moet betaal nie.

Jy het dus beter insig in en meer beheer oor jou betalings – alles op een plek.

Vir 'n groeiende besigheid is dit deurslaggewend, want hoe makliker dit is om jou betaalstelsels te bestuur, hoe makliker is dit vir jou besigheid om uit te brei.

Het jy reeds stelsels wat vir jou besigheid werk? Hou dit so. Soms is die beste betalingsplatform juis die een waarvan jy skaars bewus is.

RealPay kan regstreeks met besighede integreer wat reeds hul eie sagteware, platforms, of interne stelsels gebruik.

Deur API (Application Programming Interface) of toepassingskoppelvlak-integrasie kan besighede hul huidige stelsels aan RealPay se betalingsinfrastruktuur koppel en betalingsprosesse binne hul bestaande werkswyses outomatiseer.

Jy hoef dus nie noodwendig die manier waarop jou hele besigheid funksioneer te verander net om die manier waarop jy betaal word, te verbeter nie.

RealPay werk in die agtergrond terwyl jou besigheid funksioneer soos dit moet.

Een betalingsvennoot, meer moontlikhede

Of jy nou herhalende maandelikse betalings invorder, dit vir kliënte makliker maak om te betaal, aanlyn betalings verwerk, bankbesonderhede verifieer, of groot hoeveelhede transaksies hanteer – jou doel behoort dieselfde te wees: maak dit so eenvoudig as moontlik om betalings te ontvang.

RealPay bring die produkte, tegnologie, en integrasiemoontlikhede bymekaar sodat besighede 'n betalingsoplossing kan saamstel rondom wat werklik nodig is – vandag, asook vir toekomstige groei.

Die hantering van betalings behoort nie meer kompleksiteit te skep nie, maar eerder groter beheer, beter insig, en meer tyd om op jou besigheid se groei te fokus.

Is jy gereed vir 'n eenvoudiger manier om betalings te ontvang?

Ontdek hoe RealPay se betalingsoplossings, integrasiemoontlikhede, en die nuwe Agent Payment Portal vir jóú besigheid kan werk.

Vind meer uit oor RealPay.

RealPayBetalingsNetwerk24Agent Payment PortalIntegrasie