
Media Coverage
Maak invordering nie net vinniger nie, maak dit slimmer
Ontdek hoe RealPay se moderne invorderingsoplossing besighede help om van reaktiewe opvolg na voorspelbare, outomatiese kontantvloei te beweeg.
Vir baie besighede voel invordering steeds soos 'n voortdurende opvolg van inbetalings wat eintlik reeds in jou bankrekening behoort te wees.
Fakture word gestuur. Inbetalings word verwag. En dan begin die wagproses… opvolg… herinner… en weer opvolg.
Selfs in goed gestruktureerde finansiële departemente bly daar dikwels 'n frustrerende gaping tussen geld wat verwag word, en dít wat werklik in jou bankrekening beskikbaar is. Dit maak dit moeilik om kontantvloei te voorspel, en plaas onnodige druk op administrasie en beplanning.
Die ware uitdaging van invordering
Die probleem is nie dat besighede nié die moeite wil doen om geld in te vorder nie – die kwessie lê eerder by 'n proses wat nie geoutomatiseer is nie.
Wanneer invordering eers begin nadat die faktuur uitgestuur is, word elke stap 'n tydsame proses: opvolg, kontrole, rekonsiliasie, en die bestuur van probleemgevalle. Dit neem tyd, verhoog die risiko vir foute, en lei tot onreëlmatighede wanneer geld inbetaal word.
Uiteindelik is dit nie net 'n finansiële kwessie nie, dit beïnvloed operasionele stabiliteit.
Van 'n reaktiewe benadering na algehele beheer
RealPay se moderne invorderingsoplossing verander hierdie uitdaging wesenlik. In plaas daarvan om betalings voortdurend op te volg, beweeg besighede na 'n gestruktureerde, outomatiese invorderingstelsel waar die verhaalproses vooraf bestuur word en elke stap intyds sigbaar is.
Dit behels:
- 'n Meer doeltreffende opvolgproses
- Outomatiese verwerking van herhalende betalings
- Betalings wat vinniger bevestig en afgehandel word
- Onmiddellike sigbaarheid en verslagdoening rakende elke transaksie
Wanneer invordering op hierdie manier werk, word kontantvloei nie meer 'n raaiskoot nie maar 'n beheerbare sekerheid.
'n Betalingservaring wat seepglad verloop
Een van die grootste oorsake van agterstallige betalings is nie noodwendig onwilligheid om te betaal nie, maar eerder 'n omslagtige betaalproses.
Hoe makliker dit vir 'n kliënt is om te betaal, hoe vinniger gebeur die betaling. Wanneer betalings kan plaasvind sonder onnodige stappe, die tydrowende invoer van bankdetails, of onsekerheid oor verwerkingstye, verdwyn meeste van die tradisionele redes vir agterstallige betalings.
Vir jou besigheid beteken dit minder opvolgwerk. Vir jou kliënt beteken dit 'n eenvoudiger betalingservaring. En vir jou span beteken dit meer finansiële voorspelbaarheid.
Ontdek die verskil
Invordering behoort nie 'n konstante bron van frustrasie te wees nie.
Wanneer hierdie proses behoorlik gestruktureer is, word dit 'n voorspelbare, gereguleerde deel van jou besigheid – een wat nie net geld inbring nie maar ook stabiliteit skep.
Kom beleef self hoe RealPay se moderne, geïntegreerde betalingsbenadering 'n verskil kan maak aan jou besigheid se invorderingsproses. Ons nooi jou hartlik uit om die RealPay-impak eerstehands te ervaar by die RealPay FinTech Summit op 5 Augustus 2026 in Kaapstad, waar ons die nuutste verwikkelinge in FinTech vanuit 'n internasionale perspektief met 'n Afrika-impak sal bespreek. Gassprekers sluit onder andere Dawie Roodt in, met Dorette Potgieter as seremoniemeester.
Related Products
DebiCheck
South Africa's bank-authenticated debit collection system. Eliminate disputes, secure mandates, and protect your recurring revenue from day one.
- Recurring Payments
- Tracking
- Non-Disputable
- Risk Reduction (Verification)
- Integration Ease (API Access)
E-Commerce
One payment gateway for cards and Instant EFT, with tokenisation for subscriptions, one-click checkout, and recurring billing built in.
- Recurring Payments
- Instant Payments
- Tracking
- Integration Ease (API Access)
EFT Debits
The most widely used recurring collections method in Southern Africa. Reliable, high-volume, and built for businesses that need to collect at scale.
- Recurring Payments
- Integration Ease (API Access)
Related Features
Related Payment Flows